fliek

Bradley Cooper en Lady Gaga FOTO Verskaf

Hieroor praat mense

Eerste kyk: Bradley Cooper en Lady Gaga in nuwe fliek

Die Hollywood-akteur Bradley Cooper en die Grammy-wenner Lady Gaga is besig om die rolprent A Star is Born te skiet. 

A Star Is Born is al drie keer gemaak. Die eerste prent het in 1937 verskyn. Dit vertel die verhaal van Esther Blodgett, ’n plaasmeisie wat daarvan droom om ’n Hollywood-ster te word. In 1954 het Judy Garland die hoofrol vertolk en ’n Oscar-benoeming vir beste aktrise ontvang. En in 1976 het Barbra Streisand in dié karakter se skoene geklim.

Hier is die lokprent van Judy Garland se weergawe:

Hier’s die lokprent van Barbra Streisand:

Lady Gaga speel nie net die hoofrol nie, maar skryf ook nuwe liedjies vir dié weergawe van die fliek. Sy is amper onherkenbaar sonder haar gewone uitrustings en grimering.

Dis die sanger se eerste groot fliek. Bradley speel John, ’n alkoholis en rolprentster, wat Lady Gaga se karakter, Ally, help om bekend te raak. Bradley maak ook sy debuut as regisseur.