FOTO Facebook / Virginia Raggi

FOTO Facebook / Virginia Raggi

Hieroor praat mense

Eerste vroueburgemeester in 2 800 jaar

Rome se eerste vroulike burgemeester is gister verkies. Hoewel dit nie ’n unieke verskynsel in Italië is nie, is Virginia Raggi nietemin Rome se eerste een in 2 800 jaar.

Die 37-jarige prokureur, wat soos ’n Italiaanse Amal Clooney lyk, is ook dié stad se jongste burgemeester nog. Maar sy is glad nie lig in die broek nie. Inteendeel, sy wil nie net die stad se eie probleme aanpak nie, maar sommer ook die mafia aanvat, berig Daily Mail.

Virginia, wat deel van die Five Star Movement-party is, het 67,2% van die totale aantal stemme verwerf, berig CNN.

Sy is getroud met ’n lid van dié party, Andrea Severini, en het een seun, Matteo.

Vir die volledige storie, lees The Guardian.

Lees nou

Janez Vermeiren se waarskuwing aan ouers