egyptair.56fa5e665f062
Hieroor praat mense

EgyptAir MS804: Wrakstukke gekry

Die wrakstukke van die EgyptAir-vliegtuig wat Donderdagoggend verdwyn het, is nóú in die Middellandse See gevind. Die Egiptiese weermag het Vlug MS804 se wrakstukke 290km van die stad Alexandrië, in Egipte, gevind.

Lees die volledige storie op BBC.

Vanoggend se nuus

Gister het die Franse president, François Hollande, in ’n perskonferensie bevestig dat die EgyptAir-vliegtuig, wat van Parys, Frankryk, na Kaïro, Egipte, onderweg was, in die see neergestort het. Maar die nuutste verwikkelinge dui aan dat die wrakstukke wat in die Middellandse See gevind is nié aan die vermiste Vlug MS804 behoort het nie. 

Laat Donderdagaand het EgyptAir se visepresident, Ahmed Adel, egter aan CNN gesê die wrak is steeds nie gevind nie.

  Dis hoe die nuus gister verloop het:

Die Franse president, François Hollande, het in ’n perskonferensie bevestig dat die vliegtuig geval het, berig The Guardian.

Die vlug het gisteraand om 23:00 uit Parys vertrek. 16 km binne die Egiptiese lugruim het Vlug MS804 van die radar verdwyn, maar 10 minute voor die verdwyning is ’n noodsein glo uitgestuur, berig SkyNews. Sedertdien kon daar geen kontak met die vliegtuig gemaak word nie. Amptenare glo die vliegtuig het in die see neergestort. Die 56 passasiers kom van onder meer Kanada, Brittanje en Portugal.

Volg SkyNews vir regstreekse nuus oor Vlug MS804.