Hieroor praat mense

“Ek identifiseer met Oscar” – vrou praat oor haar hof-ervaring

Die hof is ‘n bangmaak-plek. Dit is koud, alleen en intimiderend. Ek was gelukkig net drie keer daar, maar ek identifiseer met Oscar Pistorius, wat nou tereg staan op die moord op sy modelnooi Reeva Steenkamp verlede jaar op Valentynsdag. Ek voel sy pyn daar waar hy elke dag in die hof sit. Dit is amper asof mens dáár gekonfronteer word deur jou vrees vir die onbekende. . .’’

Aan die woord is Nicky Wilson van Vishoek, naby Kaapstad.  Sy is op 23 Maart 2006 deur ‘n huurmoordenaar  helderoordag drie keer in bors (linker en regterkant), twee keer in haar linker en regterhand en in haar linkerbeen, by haar huis gesteek. Sophia de Villiers van Vishoek (nou ‘n staatspasiënt in die psigiatrise hospitaal Lentegeur, Kaapstad) ,’n brugleerling van Nicky se man,  Tony, wou haar dood hê. ‘’Ek het nie ‘n idee hoekom nie,’’sê Nicky.

De Villiers het op ‘n manier Tony se sleutels uit sy gholfsak by die gholfklub gesteel. Sy het die huurmoordenaar na die huis gebring en in die motor vir hom gesit en wag terwyl hy haar sou doodmaak.

Oscar-saak sit fokus op dié vroue

‘’In die hof en tydens die sewe jaar, het ek niks van die regstaal verstaan nie. Hoewel ek sowat 21 jaar gelede van my eerste man geskei is, was ek nooit eens self in die hof nie. Hý moes dit afhandel.  Maar met dié huurmoord-saak het ek  gevoel asof die regstelsel my in die steek laat. Niemand het my behoorlik ingelig wat aangaan nie. Die saak is sowat 55 keer uitgestel. Dit was sewe jaar se marteling. Ek moes dikwels die feite lees in die koerante. Ek het hulpeloos, onbemagtig en gedisrespekteer gevoel. Dit is amper asof jy gekruisig word in die openbaar, en jy het geen sê in wat met jou gebeur nie. Jy is net nóg ‘n saaknommer.’’

Nicky vind baie heling deur na die Oscar-hofsaak te kyk.Sy mis nie een dag nie. ‘’Die snellers wat ‘n mens laat knak, wat soms binne sekondes gebeur, is iets waarmee ek kan identifiseer. Soms as ek brug speel en ek hoor die honde blaf, dan is ek só paniekerig. Nou nog. Ek moet dan hard met myself praat om kalm te raak. Die aanval in 2006 het letterlik binne sekondes gebeur. Ek het dit amper nie behoorlik geregistreer nie.  . .’’

Maar sy is ook hartseer oor die hele voorval. ’’’n Ou vrou van tagtig met ‘n psigiatriese siekte is nou ‘n staatspasiënt.Sy het ses kinders waarvan sommige dokters is. Nie een van hulle was by haar 55 verskynings in die hof nie. Ek het die laaste ses jaar my pa versorg toe hy Altzheimers gehad het. Hoe kon haar kinders nie daar wees vir haar nie. Ek weet sy is skuldig. Maar ek hét empatie vir haar. . . .dit is hartverskeurend. Dit is nie iets wat ek vir iemand sou toewens nie . . . Ek vind vertroosting daarin dat sy glo ‘n maand geneem het om die moord te beplan. Watter ‘normale’ mens doen dit?’’

Agter die skerms met Oscar en Aimée Pistorius

Niks wat enigiemand vir haar kon sê, het Nicky werklik daarna beter laat voel nie. ‘’Ek weet nie hoe ‘n mens deur so iets kom sonder geloof nie. God verstaan alles. ‘n Mens moet  braaf genoeg wees om jou angste te konfronteer. Ek het geleer ‘n mens is níks anders as jou gedagtes en idees nie. Jy moet dít voortdurend beoordeel. Is dit eg of is dit net grepe van jou verbeelding. Elke ou het sy eie paadjie wat hy moet loop. Ek probeer so positief as moontlik vorentoe gaan.’’

VIDEO: Oscar se suster, Aimée, gesels