FOTO Twitter / @capespca

FOTO Twitter / @capespca

Hieroor praat mense

Elke hond kry sy (verkiesings)dag

“Hoe op aarde het ons hiermee weggekom?” Dis die reaksie van Christine Kuch, woordvoerder van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), op die organisasie se plakkate tydens die Nasionale Verkiesing in 2014.

Die NDBV het in daardie verkiesingsjaar plakkate onderaan die plakkate van politieke partye geplaas sodat dit gelyk het of die leiers van die DA, ANC en IVP diere vashou.

Kuch het gedink hulle sou in die moeilikheid beland, maar die partye en Suid-Afrikaners het dit in goeie lig gesien.

“Ons was regtig verbaas. Maar ons wou deur dié plakkate aandag vestig op die welsyn van diere, wat ook belangrik is,” het Kuch aan SARIE.com vertel.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Met vanjaar se verkiesing het die Kaap van Goeie Hoop-DBV besluit om plakkate te ontwerp met honde wat sê: “Stem vir my, ek sal jou nie teleurstel nie.” Hulle wil graag aanneming van diere op hierdie dag aanmoedig!

Besoek die Kaap van Goeie Hoop-DBV se webtuiste vir meer inligting.