FOTO:  Emoji.Works

FOTO: Emoji.Works

Hieroor praat mense

Emoji-sleutelbord binnekort beskikbaar

Emoji’s is beslis besig om die wêreld oor te neem! Dié QWERTY-sleutelborde is bewys daarvan, berig Engadget

Pleks daarvan om te gaan soek vir jou gunsteling-gesiggie of -prentjie, kan jy dit op dieselfde manier as leestekens insleutel.

Dit sal via Bluetooth aan PC- en Mac-rekenaars verbind word. Emoji.Works, wat die QWERTY-sleutelborde vervaardig, het aangekondig dat daar drie verskillende borde sal wees. ’n Standaardbord met 47 emoji’s, die Plus-bord met 94 emoji’s en die Pro-bord met 120 emoji’s.

Die QWERTY Emoji-sleutelborde is vanaf Desember in die VSA aanlyn beskikbaar en sal tussen R1 120 en R1 400 kos.

Dié video wys hoe gerieflik dit gaan wees:

Wil jy so ‘n emoji-sleutelbord hê?

  • Ja
  • Nee

 Lees ook