Entrepreneur Steve Jobs se inspirerende toespraak

Deur Marida Fitzpatrick, SARIE Maart 2012

Entrepreneur Steve Jobs se inspirerende toespraak Foto’s: verskaf Galery

Sedert die Apple-reus Steve Jobs se dood het miljoene mense al op YouTube na sy legendariese Stanford-toespraak gekyk. Dit bevestig net weer die krag van woorde … Hier is nóg wat jou sal laat nadink.

Toe die nuus oor Steve Jobs se dood verlede jaar bekend word, het die boodskappe, twiets en e-posse begin vlieg. Uittreksels en aanhalings uit sy toespraak by Stanford-universiteit se 2005-gradeplegtigheid het die internet soos ’n vloedgolf getref. Mense kon nie genoeg kry van die insigte van die medestigter van die Apple-rekenaarryk nie.

Saam met die Mac-rekenaar sal dié toespraak sekerlik die nalatenskap van Steve, wat in Oktober 2011 aan pankreaskanker dood is, laat voortleef. Een van die video’s van sy toespraak wat op You Tube gelaai is, is al meer as 13 miljoen keer gekyk.

Steve se woorde (én sy lewe) het 
inderdaad almal se verbeelding aangegryp, en sal dit nog lank doen.

LUISTER NA SY TOESPRAAK HIER


MEER WOORDE-INSPIRASIE IN DIE MAART 2012-UITGAWE

Behalwe vir Steve Jobs is daar ook talle ander bekendes wat met hul toesprake by gradeplegtighede gehore geïnspireer het. Dis ’n besondere trotse en sterk tradisie by Amerikaanse universiteite soos Harvard en Stanford. Die toesprake het dikwels wêreldwyd trefkrag – veral vandag met die mag van die internet en sosiale media.

Lees die uittreksels en wyshede uit dié toesprake van Steve, Oprah en Ellen DeGeneres. Dit sal jou laat nadink, weer dink en jou heel moontlik lank bybly ...

Verwante artikels

Kommentaar

  • Uitstekend en so inspirerend...wat 'n besonderse mens! Hoekom word geniale mense eers na hulle dood geeer!

    16de Feb. 2012, 14:40