evita
Hieroor praat mense

Sophia Loren se seun en Evita tem die wolf

Kry al die kinders in die buurt bymekaar, want só ’n kans gaan hulle nie gou weer kry nie! Op 13 November om 18:00 word die klassieke stuk Pieter en die wolf in die Kaapstadse stadsaal opgevoer.

Niemand anderste nie as tannie Evita Bezuidenhout tree op as verteller – wat beslis groot vermaak onder kinders en grootmense sal verseker. Die dirigent Carlo Ponti, Oscar-wenner Sophia Loren se seun, sal die orkes in dié opvoering lei.

Die ontslape komponis Sergei Prokofiëf het die stuk in 1936 gekomponeer om ’n liefde vir musiek onder kinders te skep. Elke dier se karakter word deur ’n spesifieke instrument in die orkes teenwoordig. Só kry jonk en oud die geleentheid om die orkes as geheel te ervaar.

Kyk die stuk hier

Oud en jonk sal verder bederf word deur nuwe dramatiese werke uit films soos Star Wars en Pirates of the Caribbean.

Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Lees nou

Miley en Liam ís toe verloof

Christia Visser: My top-skoonheidswenke

Dié 3 beroepe het die meeste stres