facebook
Hieroor praat mense

Facebook se dislike-knoppie is nie wat jy gedink het nie

Facebook het bekend gemaak die dislike-knoppie is toe nie heeltemal wat ons almal in gedagte gehad het nie, maar eerder alternatiewe op die bekende like-knoppie, berig CNN.

Die alternatiewe sal bestaan uit emojis, en word reactions genoem. Daar is ses prentjies/gesiggies wat dié reaksies uitbeeld: liefde, woede, hartseer, verwondering, vreugde en humor.

Facebook se produkbestuurder Chris Cox sê in ’n verklaring hulle het gekyk watter emosies wêreldwyd die meeste aangedui word op dié sosiale media platform en bogenoemde 6 het koning gekraai.

Toe Facebook in September aankondig dat die dislike-knoppie op pad is, het hulle nie uitgewy oor die formaat daarvan nie. Reactions is die nou eindproduk. Hulle grootste doelwit met die nuwe toevoeging is dat gebruikers empatie kan wys in hartseer situasies.

Die reactions is van vandag af in Ierland en Spanje beskikbaar en ná die toetslopie sal wyer gehore daartoe toegang kry.

Klik op dié foto om te sien hoe dit gaan lyk:

 

151008104643-facebook-reaction-gif-780x439

Lees ook