sr1110woondekor_6_
Hieroor praat mense

Feestyd met SARIE en KAMERS vol geskenke

Die negende KAMERS vol geskenke 2011 beloof om ’n kleurryke feesviering van plaaslike kreatiwiteit, innovasie en talent te wees. Hierdie jaar sal die “Carousel of Creativity” sowat 200 stalletjie-houers se werk oor ses dae vol inspirasie vertoon.

Van 25 tot 29 Oktober gebeur alles op die Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes en van 29 November tot 3 Desember by die Open Window School of Visual Communication op Irene. Daagliks van 9h00 tot 18h00.

Teken in en kry ’n ongelooflike 45% afslag op van ons sustertydskrifte!

KOOP JOU GUNSTELING-SARIE-PRODUK

  • en kry gratis pasellas in jou feessak!
  • En dan, spesiaal vir KAMERS, bring SARIE haar sustertydskrifte saam:
  • Kom teken in op SARIE, SARIE KOS, TUIS/HOME, Seventeen, FAIRLADY en Shape 
  • EKSKLUSIEF VIR KAMERS! ’n Ongelooflike 45% afslag op ’n ieder en ’n elk van dié titels! Hierdie inteken-aanbod saL nie gou herhaal word nie.
  • Elke besoeker ontvang ’n gratis SARIE-inkopiesak, ’n geskenkie en ’n vorige SARIE.

  • Sulet Fourie

    DIS SOOO OPWINDEND!!! Ek kan nie wag vir "Kamers vol Geskenke" om te begin nie! Veral omdat "SARIE" ‘n mens ALTYD verras met die lekkerste en mooiste geskenkies! Ek is kinderlik opgewonde om te gaan, want is mal oor ‘n "mark" en veral "Kamers vol geskenke", waar mens die mooiste goedjies kan koop, dis veral so inspirerend met al die idees. SIEN BAIE UIT!!! :-)

    NS Dankie aan Sarie en almal wat betrokke is!

  • Lynne Bindeman

    Stem saam met sulet Fourie, maar hierdie jaar is ek so bevoorreg om `n klas te loop. Ek het ingeskryf en kan ook nie wag nie! Dit doen `n vrou goed om partymaal net alleen te wees tussen kreatiewe mense en sommer rond te snuffel, te dink en te beplan? Dalk kry sy `n goeie idee of twee!

  • Susan Wagener

    Sien julle more oggend.

  • Chantel Du Plooy

    Ek het nog nooit so klomp mooi goed in my lewe gesien nie, net jammer Sarie gee ou Sarie’s as geskenke weg! Gee dan julle nuwe Sarie’s weg of los dit! Ons het reeds die ou Sarie’s gelees dankie.

  • FosterStacy28

    Don’t you know that it’s correct time to get the personal loans, which can make your dreams come true.