Sandra Bullock FOTO Gallo Images/Getty Images

Sandra Bullock FOTO Gallo Images/Getty Images

Hieroor praat mense

Uiteindelik, nog ’n Oceans-fliek! En die hele span is net vroue …

Nog ’n Oceans-fliek, Warcraft, Now You See Me 2 en Suid-Afrikaanse flieks! ’n Fliekfees wag vir jou dié naweek. Daar’s geen rede om verveeld te wees as daar soveel is om na uit te sien op die grootskerm nie.

Verskeie webtuistes, soos Jezebel, het onlangs berig dat Sandra Bullock, Mindy Kaling, Cate Blanchett en Helena Bonham Carter in die nuwe Oceans gaan speel. Bullock speel die rol van Danny Ocean (George Clooney) se suster, wat voorheen ’n swendelaar was.

Showbizz 411 spekuleer dat die naam “Ocean’s Ocho” gaan wees. Ander name wat al genoem is in gerugte oor moontlike lede van die vroulike span is Jennifer Lawrence en Elizabeth Banks. Showbizz 411 berig dat The Hunger Games-regisseur Gary Ross volgende jaar in New York sal begin skiet.

Die volgende flieks het dié week in teaters begin draai

Now You See Me 2

Die goëlaars is terug! Jesse Eisenberg, Woody Harrelson en Dave Franco saam met Mark Ruffalo en Lizzy Caplan staan weer voor ’n gehoor met hul bekende vertoning. Maar dinge loop verkeerd en bedreigings van alle kante af maak dat hulle in China beland. Daniel Radcliffe en Morgan Freeman speel die antagoniste, elkeen met sy eie agenda.

Warcraft

As jy die Warcraft-videospeletjies ken, het jy seker reeds jou kaartjies vir dié rolprent bespreek. Dit speel af in die wêreld van Azeroth en vertel van die groot stryd tussen die mense en die orcs.

Truth

Truth vertel die ware verhaal van die omstredenheid oor die CBS-aanbieder Dan Rather (gespeel deur Robert Redford) en die vervaardiger Mary Mapes (gespeel deur Cate Blanchett) van die program 60 Minutes. Hul verslag het nuwe inligting aan die lig gebring oor George W. Bush se militêre diens.

Suid-Afrikaanse flieks

Die volgende Suid-Afrikaanse rolprente is op die grootskerm te sien.

Alison (wêreld première)

Wat met Alison Botha in Desember 1994 gebeur het, het Suid-Afrika geskok. Haar gruwelike verkragting en die poging om haar te vermoor het ook die wêreld aangegryp. Die fliek gaan oor die 90 minute wat haar lewe vir altyd verander het. Jy sien ook van haar fisieke en emosionele herstelling ná die tyd, en hoe sy haar herinneringe hanteer deur te skryf en te praat oor wat gebeur het.

Christia Visser speel die jong Alison. De Klerk Oelofse en Zak Hendrikz vertolk die rolle van haar aanvallers.

Alison wys eksklusief eerste by Cinema Nouveau se Encounter Fliekfees. Jy kan nog hierdie film op 12 Junie om 17:30 by die Cinema Nouveau in die V & A Waterfront sien!

Alison begin in Augustus landwyd draai.

Uitvlucht

fliek

Mrs Right Guy

As jy hou van mooi klere, fliek saam met vriendinne en die strate van Johannesburg, is hierdie fliek ’n moet-sien! Gugu (gespeel deur Dineo Moeketsi) het al liefdesteleurstellings gehad en dít maak sy duidelik aan almal. Mans moet wegbly. Sy besef dit nog nie, maar iemand gaan haar voete onder haar uitslaan. Eers moet sy nog ’n hele paar lesse leer …

fliek

Opgewonde oor

Die wêreld praat steeds oor dié rolprente. Maak seker jy loop dit nie op die grootskerm mis nie; sommige wys net by sekere teaters.

Alice Through the Looking Glass

Money Monster

A Bigger Splash

Everybody Wants Some!!

fliek

The Boss

fliek

The Man Who Knew Infinity

X-Men Apocalypse

fliek

Sing Street

Bad Neighbors 2

Captain America: Civil War

captain america fliekgids

Demolition

The Jungle Book

fliek

Queen of the Desert

fliek

Miracles from Heaven

fliek

The Dressmaker

DressMaker poster

Koop jou kaartjies vir hierdie flieks by Ster-Kinekor, Cinema Nouveau of Nu Metro.

Lees ook

Suid-Afrika se jong talent

Johnny Depp en Amber Heard skei

Ikoniese mode-items