FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

Fliektyd! Nuwe flieks by die loket

Dis ’n sportnaweek én ’n flieknaweek.

Dié flieks begin vandag draai:

Zootopia | Anomalisa | London has Fallen | The Eye in the Sky

Ons keuse: The Eye in the Sky

Storielyn: Amerika beplan ’n aanval op ’n terroriste-groep in Nairobi, Kenia, met ’n hommeltuig. Maar dinge word vinnig gekompliseerd wanneer daar ’n dogtertjie in die area is waar die bom moet land.

Gaan kyk vir: Helen Mirren en die ontslape Alan Rickman. Die regie is deur die Suid-Afrikaner Gavin Hood (Ender’s Game, Tsotsi, A Reasonable Man) en die prent is gedeeltelik in Kaapstad geskiet.

Dis aksie, met baie hart.

Vir Altyd

Vir Altyd het vandag reeds die rekord wat Liefling gestel het as grootste Afrikaanse loket-treffer verbeter! As jy dit nog nie gaan kyk het nie, maak ’n plan!

viraltyd

Ons sien uit na …

Sink is gebaseer op Brett Michael Innes se roman Rachel Weeping. Hy is ook die regisseur van die film. Dit handel oor ’n Mosambiekse huishulp wat in Johannesburg werk en wie se dogtertjie tragies sterf onder die toesig van haar werkgewer. Omstandighede vererger wanneer sy uitvind haar werkgewers verwag hul eerste kind.

Fanie het dié week op die rooi tapyt by die première van Sink gaan kuier. Sink begin 18 Maart draai.

Finding Dory is die opvolg op die tekenprent Finding Nemo. Met die hulp van Nemo en Marlin (Albert Brooks) soek die vergeetagtige Dory (Ellen DeGeneres) na haar ma (Diane Keaton) en pa (Eugene Levy). Groot sterre soos Idris Elba en Ed O’Neill verleen ook hul stemme vir dié fliek.