FOTO Instagram / @prinsharry

FOTO Instagram / @prinsharry

Hieroor praat mense

FOTO: Is dit jy Tom Hanks of jy Bill Murray?

Uit die bloute, so van nêrens af, verskyn daar af en toe ’n foto (of foto’s) wat die internet aan die gons het. Kopkrap kwadraat … Dié week was daar drie foto’s wat mense twee keer laat kyk het en stééds aan die praat het.

1. Prins Harry lyk nés ’n jong Philip

Uiteindelik weet ons waar dié rooikopprins sy sjarme en trekke gekry het. Beslis nie by sy pa, prins Charles, nie. Eerder oupa, prins Philip! ’n Ou voorblad van die tydskrif Paris Match is op sosiale media gedeel. En wie is op die voorblad? Prins Philip met ’n rooi baard!

FOTO Instagram / @chrisjacksongetty

FOTO Instagram / @chrisjacksongetty

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

 

2.Is dit jy, Tom Hanks, of dalk jy, Bill Murray?

’n Foto van ’n akteur wat ’n snaakse gesig trek, doen die ronde. Een kamp sê dis #TomHanks en die ander kamp sê #BillMurray. Onder die Britse koerant The Guardian se personeel sê die meerderheid dis Bill Murray. En hier by SARIE? Ons sê dis Tom Hanks.

Wie sien jy?

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Wie sien jy?

  • TOM HANKS
  • BILL MURRAY

Tom Hanks

Bill Murray

 

Die antwoord? Bill Murray. Volgens BBC het hulle die vrou in die foto gekontak en sy het gesê: “Dis beslis Bill Murray.”

3. Blink jou bene of is dit verf?

Nog ’n foto in die kuberruim laat mense behoorlik kopkrap. Dié keer is dit blink bene … of is dit nou geverf. Die meerderheid by SARIE sien wit verf. Wat sien jy?

FOTO Twitter

FOTO Twitter

Kom ons klink ’n glasie op foto’s wat ons laat kopkrap, tot die volgende een kom …

Lees nou

Hou op geld mors op dié 3 mode-items

Obama lees Trump se twiet

EKSKLUSIEF: Lika Berning swanger