FOTO: Instagram amazon.com

FOTO: Instagram amazon.com

Hieroor praat mense

FOTO: Nuwe rok het internet aan die gons!

Vroeër vanjaar was dié vraag op almal se lippe: “Watter kleur is dié rok: blou en swart óf goud en wit?” Nou is daar ’n nuwe rok wat almal aan die praat het, berig E! Online

Talle Amerikaanse meteoroloë word die afgelope tyd in dieselfe rok op die kassie gesien. Volgens TODAY sal die rok jou $22,99 (sowat R323) uit die sak jaag. 

Link to the dress: <a rel=”noreferrer nofollow” target=”_blank” href=”http://www.amazon.com/gp/product/B0142M5M72?ie=UTF8&amp;camp=1789&amp;creativeASIN=B0142M5M72&amp;linkCode=xm2&amp;tag=meteojennimye-20″>http://www.amazon.com/gp/product/B0142M5M72?ie=UTF8&amp;camp=1789&amp;creativeASIN=B0142M5M72&amp;linkCode=xm2&amp;tag=meteojennimye-20</a>

Wat maak dié rok so spesiaal dat die TV-vroue mekaar se styl steel?

Daar is glo ’n Facebook-groep waar vroulike meteoroloë stylwenke met mekaar deel. Hulle stuur veral foto’s van items wat bekostigbaar en vleiend voor die kamera is. Die weerkenners het vinnig besef hoe gewild dié rok is, wat in pienk, blou, rooi en groen beskikbaar is. 

SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, verduidelik hoekom die rok werk: “Die rok is vleiend danksy die strategiese plasing van swart panele wat jou slanker laat vertoon.”

Bronne: TODAY en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!