FOTO Instagram / @kensingtonroyal

Hieroor praat mense

FOTO: Prins William en gesin in GQ!

Die Hertog van Cambridge, prins William, is op die voorblad van die Britse GQ Magazine se Julie-uitgawe. Hy praat oor geestesgesondheid.

Kyk net die voorblad – die trekke na sy ontslape-ma, prinses Diana, is die besonders.

Maar dis nie net prins William wat in GQ verskyn nie, sy gesin is ook deel van die uitgawe. Foto’s van hom, sy vrou, Kate Middleton, en hul kinders, prins George en prinses Charlotte, is ook ingesluit. Die foto’s was spesiaal in die tuine van die Kensington-paleis geneem.