FOTO:  Twitter /@timpeake

FOTO: Twitter /@timpeake

Hieroor praat mense

FOTO’S: So lyk Afrika uit die ruimte!

Om na foto’s uit die ruimte te kyk is deesdae so vinnig. Met net die klik van ’n knoppie kan jy die wêreld op ’n nuwe manier aanskou.

Die Internasionale Ruimtestasie (IRS), ’n ruimtetuig waarin ruimtevaarders woon en werk, het dit moontlik gemaak dat ons elke dag ’n nuwe foto op sosiale media kan sien.

Wat is die IRS?

Die IRS bestaan uit verskillende modules wat aanmekaar gekoppel word. In 1998, 17 jaar gelede, is die eerste module van dié tuig, die Zarya, deur Rusland gelanseer.

Die ruimtestasie is deur 16 lande gebou, naamlik die Verenigde State van Amerika, Kanada, Japan, Rusland, Brasilië, België, Denemarke, Frankryk, Duitsland, Italië, Nederland, Noorweë, Spanje, Swede, Switserland en Brittanje.

Die tuig beweeg 90 minute rondom die aarde. En elke 45 minute word die IRS se inwoners met ’n sonsondergang bederf! Sedert 2000 het die ruimtestasie elke dag bemanningslede aan boord.

Jy kan die IRS met jou eie oë sien

Jan Alleman op planeet aarde kan ook die IRS aanskou. Besoek NASA se webwerf. En jy kan kyk wanneer dit oor jou stad beweeg, maar ongelukkig het NASA net ’n paar Suid-Afrikaanse dorpe en stede as opsies op hul lys.

Hier’s die datums:

Kaapstad – 19 Mei om 6:48, sigbaar vir 2 minute

Durban – 2 Junie om 05:13, sigbaar vir 5 minute

Johannesburg – 2 Junie om 05:12, sigbaar vir 6 minute

Pretoria – 2 Junie om 05:12 , sigbaar vir 6 minute

Afrika vanuit die ruimte

Mosambiek

Suid-Afrika

Kus van Suider-Afrika

SA se grootste ruimte-uitstalling nóg is hier

Jy wil dit nie misloop nie! As jy iets van buite ons wêreld soek, is dié uitstalling net vir jou: Huisgenoot se Gateway to Space-uitstalling, die grootste in sy soort wat Suid-Afrika nóg gesien het. Die uitstalling begin vandag, 1 Junie 2016, by die Sandton-Konferensiesentrum in Johannesburg. Dit duur tot 31 Julie 2016

Kyk die voorsmakie hier

Jy wil dit nie misloop nie!

Lees nou

FOTO’S: Ruimte se eerste blom

Uiteindelik terug ná 340 dae in ruimte!

Slim planne vir klein ruimtes