30 dae days
Hieroor praat mense

FOTO’S: Ons feesnaweek van Kos en Dekor

Ons feesviering 30 Dae van Kos en Dekor het die afgelope naweek sy hoogtepunt bereik met ons feesnaweek by Gallaghar-landgoed in Midrand. 

Saam met ’n handvol van ons sustertydskrifte het ons saam met ons lesers gekuier en gekóók: by die SARIE-stalletjie, ons kostrok, demonstrasies deur ons kosredakteurs, Barbara en Herman, en slim doen-dit-self-planne deur ons dekorredakteurs, Anita en Lounette.

Bobby van Jaarsveld en Karlien het ook die verhoog gedeel en saam gebak en gebrou. En TV-ster Tracey Lange het dinge as seremoniemeester bymekaar gehou.

Dankie vir almal wat saamgekuier het vir dié naweek van feesvier, skeppendheid en samesyn!

En dit sou nie moontlik gewees het sonder ons borge nie. 30 Dae van Kos en Dekor is aangebied in samewerking met Game Stores en ons medeborge Volvo, All Gold, Mrs H.S. Ball’s en Crosse & Blackwell.

30 dae

Hier is foto’s van dié lekker naweek!

 Kyk na nóg foto’s HIER