Hieroor praat mense

Die manne ná Movember – Jack Parow, Emo en kie. skeer hul snorre regstreeks af

Praat jy van Movember, weet byna die meeste mense deesdae jy praat van November, die maand waarin mans hul snorre laat groei ten bate van kankerbewustheid en mans se gesondheid. ‘n Paar bekende mans het hul snorre regstreeks op die radio laat afskeer!

Tracey Lange, omroeper van die Kaapse radiostasie Smile 90.4 FM, het Maandag, 2 Desember, die Movember-veldtog op ’n hoogtepunt afgesluit. Die Suid-Afrikaanse sangers Jack Parow en Emo Adams het aan Smile se Movember-veldtog deelgeneem en hul snorre vir die groot snorskeer-marathon laat groei. Selfs die rooitapyt-joernalis Clayton Morar het vir die eerste keer in sy lewe ’n snor gegroei! Tracey het tydens haar regstreekse radioprogram die manne laat sit om hul snorre te skeer.

Smile 90.4FM 3FOTO: Clayton Morar, die rooitapyt-joernalis, en Tracey deel ’n ligte oomblik voordat sy snor afgeskeer word.

“Ek wou baie graag iets anders met my program doen en het met ons programdirekteur, Clive Ridgway, daaroor gepraat. Dis tóé dat ons met die regstreekse snorskeer-marathon-idee vorendag gekom het. Ek het eers met ’n paar ander idees na hom toe gegaan, maar ons het saam besluit dat dié marathon vir Movember daardie iets anders sou wees. Dit is prettig, maar stuur ook ’n sterk boodskap,” het Tracey gesê.

Smile 90.4FM 1FOTO: In die Smile-ateljee. Van links sit Anine Pfeiffer, Kyra Loubser, Emo Adams, Samantha Arendse, Chanique Zwartz, Wenke Stoeven en Ruth Manning-Doetz

Maar die veldtog het nie net daar gestop nie. Tracey het ook so ver gegaan om dié veldtog op die televisiekamera vas te vang. Dié insetsel sal eers heelwat later in die program Next 48 Hours (DStv-kanaal 263) verskyn.

Smile 90.4FM 2*Luisteraars kan elke weeksaand tussen 18:00 en 21:00 en Vrydae tussen 18:00 en 22:00 op Smile 90.4 FM inskakel om na Tracey se program te luister