Scott Kelly FOTO:Twitter

Scott Kelly FOTO:Twitter

Hieroor praat mense

FOTO’S: Ruimte se eerste blom!

Die idee van ’n ruimteblom het vir jare net in die klassieke boek Die Klein Prinsie van Antoine de Saint-Exupéry geleef. Maar vandag is dit nie net die Klein Prinsie se roos wat die enigste blom in die buitenste ruim is nie. Nasa het nou hul eie kwekery en dit is te fraai! 

Scott Kelly,’n ruimtevaarder van Nasa, bly al vir byna ’n jaar saam met ’n groep in die ruimte. En terwyl hy navorsing doen, twiet hy gereeld foto’s van die aarde, sterre en ander wonders vir sy 781 000 Twitter-volgers. Maar dis sy foto van ’n oranje zinnia wat al die aandag getrek het.

Hulle het zinnias gekies omdat die blommetjies baie sterk is, skryf Nasa. Aanvanklik het die rye zinnias swamme op hul blare gehad en die groep het gedink die blomme gaan vrek. “Ons plante lyk nie goed nie. Dit sal nie goed vir ’n kolonie van Mars wees nie,” het Scott getwiet en toe sommer vir Matt Damon se karakter in The Martian gespot. In die rolprent plant sy karakter aartappels op Mars.

Maar daar was een zinnia wat besluit het om te blom voor die son oor die aarde kom. En dit het vir Scott groot vreugde verskaf.

Verlede jaar het Scott-hulle blaarslaai geplant. ’n Maand later kon hulle dit oes en ook daarvan eet.

Ons wonder hoe vanjaar se lentedag in die buitenste ruim gaan lyk …

Lees nou