FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Hieroor praat mense

Prinses Charlotte – gaan ons haar sien?

Selfs in Blommeland kon Liewe Heksie dit nie regkry om twee verjaardae te hê nie. Maar in Brittanje is daar een mens wat elke jaar twee keer verjaar: koningin Elizabeth II.

Hoewel sy op 21 April 1926 gebore is, is haar amptelike, oftewel koninklike, verjaardagviering gewoonlik in Junie. En vanjaar vind dit môre (Saterdag 11 Junie) plaas.

Hoekom het sy twee verjaardae? Oor die Engelse weer.

Sedert 1748 word die Britse monarg se verjaardag gevier met ’n militêre parade, Trooping the Colour. Die Britse en die Statebond-weermag hou ’n parade en die koninklikes ry per koets verby die skare. Dit word gewoonlik op hul regte verjaardag gehou.

Maar koningin Elizabeth se pa, koning George VI, wat in Desember gebore was, het besluit om ’n amptelike verjaardagviering in Junie te hou. En so het Elizabeth ook besluit om ’n warmer verjaardag te hou.

Vir die volledige storie, besoek ITV.

20 goed wat jy van koningin Elizabeth moet weet

Na al die jare kan jy haar steeds deur ’n ring trek! Klik hier om dié 20 goed uit te vind.

FOTO Press Association / Danny Lawson

FOTO Press Association / Danny Lawson

Prins Philip word 95

Oor die jare het koningin Elizabeth II politieke leiers sien kom en gaan, maar een mens het konstant in haar lewe gebly: prins Philip. Vandag (10 Junie) vier hy sy 95ste verjaarsdag.

Die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz het, ter viering van koningin Elizabeth se 90ste verjaarsdag, spesiale foto’s van die koninklike gesin geneem.

Hierdie foto is spesiaal op prins Philip se verjaardag bekend gestel.

Die paartjie vier vanjaar hul 69ste huweliksherdenking. En die twee het in die geheim verloof geraak! Hier’s 5 dinge wat jy van hul liefdesverhaal moet weet.

Gaan ons prinses Charlotte sien?

Tydens die Trooping the Colour verskyn die koninklikes op die balkon van die Buckingham-paleis in Londen en waai vir die skare. Verlede jaar het prins George sy debuut op dié balkon gemaak. Die kans is groot dat die kleine Charlotte ook môre saam met haar ouboet sal verskyn.

FOTO Instagram/@kensingtonroyals

FOTO Instagram/@kensingtonroyals

Hier waai prins George vir die skare in 2015

Lees nou

Op 90 doen koningin Elizabeth dit wéér

Die liefdesverhaal van koningin Elizabeth en prins Philip

Koningin Elizabeth – 20 goed wat jy moet weet