Instagram-05-570x570
Hieroor praat mense

Get me to 21 se Jenna Lowe sterf

Jenna Lowe, die tiener wat aan ’n raar longsiekte gely het en mense regoor Suid-Afrika geïnspireer het met haar Get me to 21-projek, het gister gesterf, berig iOL

Jenna het op 10 Desember 2014 ’n dubbele longoorplanting gehad, en hoewel dit gelyk het of haar pad na herstel goed verloop, is sy byna ses maande later oorlede.

Sy het sedert sy drie jaar gelede met pulmonêre arteriële hipertensie gediagnoseer is, die publiek gemotiveer om as orgaanskenkers te registreer en dan saam met haar haar 21ste verjaarsdag te vier. Dié partytjie sou in Oktober vanjaar plaasgevind het.

Die boodskappe van bemoediging stroom in op Get me to 21 se Facebook-blad.

Mag sy in vrede rus.

Lees ook