FOTO Facebook / Sunlandbaobab

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

Hieroor praat mense

Gewilde reuse-kremetartboom sê koebaai

Limpopo se gewilde reuse-kremetartboom – ja, die een met die kroeg in – het weens ouderdom omgeval. Die boom was 22 m hoog, sowat 47 m in deursnee en staan al tussen 1 700 en 6 000 jaar in die Modjadjiskloof op die Sunland-mangoplaas.

Die eienaars, Heather en Doug van Heerden, het aan Netwerk24 gesê hulle het besluit om die boom te los waar hy Donderdag geval het. Volgens hulle het die Massachusetts-instituut vir tegnologie die afgelope dekade meer as R1 miljoen daaraan bestee om die boom met onder meer koolstofdatering te bestudeer. Die uitsonderlike boom het al selfs die voorblad van The Wall Street Journal gehaal. Die oudste stukkie hout waarvan die ouderdom tot dusver bepaal is, wys dat die boom minstens 1 700 jaar oud is.

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

FOTO Facebook / Sunlandbaobab

Lees meer op Netwerk24.