SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Hieroor praat mense

In Sirië bring musiek hoop

Sedert 2015 het klanke van geweerskote en ontploffings die lug bo die antieke stad Palmyra in Sirië gevul. Sinnelose geweld en moorde deur die Islamitiese Staat (IS) het die stad stuk vir stuk verwoes. Maar gister, vir die eerste keer in tien maande, is die melodie van vrede en goedheid gehoor. 

Die Russiese dirigent Valeri Gergief het die Russiese simfonie-orkes in ’n unieke opvoering in die stad se antieke teater gelei. Dieselfde teater waar IS in Junie verlede jaar mense onthoof het. Met werke van komponiste soos Sergei Prokofiëf, Johann Sebastian Bach en Rodion Shchedrin het dié opvoering hulde gebring aan goedheid wat altyd die bose sal verdryf. Slagoffers van die Siriese oorlog is ook gehuldig.

Die opvoering se naam was Praying for Palmyra – Music Revives Ancient Ruins.

Die Siriese weermag het die historiese stad, ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, vanjaar op 27 Maart met die hulp van Rusland bevry van IS. Die terreurgroep het in tien maande twee 2000 jaar oue tempels en verskeie ander geboue vernietig.

Gergief en die organiseerders van Praying for Palmyra hoop dat die konsert ’n simbool van goedheid sal wees. En dat die goeie die bose altyd sal oorwin.

Vir die volledige storie lees BBC.

Kyk die opvoering

 Lees nou

Jong Barack en Michelle op silwerdoek

Seun van Pretoria oorsee vereer

EKSKLUSIEF: Jo groet 7de Laan