FOTO Twitter /@CincinnatiZoo

FOTO Twitter /@CincinnatiZoo

Hieroor praat mense

Gorilla geskiet – reg of verkeerd?

Die internet bewe van die woede oor ’n 17-jarige gorilla-mannetjie wat die naweek doodgeskiet is by ’n Amerikaanse dieretuin. Dit het gebeur ná ’n vierjarige seun oor ’n sowat een meter hoë heining geklim en in die hok geval het. Waar was die ouers? en Hoekom is die gorilla nie verdoof nie? is van die vrae wat wêreldwyd gevra word.

’n Video wat die insident in die Cincinnati-dieretuin vasgevang het, is meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.

WAARSKUWING: Video kan kykers ontstel

In die video staan die silwerrug-mannetjie, Harambe, voor die seun wat histeries huil. En aanvanklik lyk dit of Harambe die kind wil help. Gereeld hoor jy hoe die seun se ma, Michelle Gregg, vir hom sê hoe lief sy hom het. Ewe skielik gryp die gorilla die seun aan sy been en sleep hom vinnig deur die water. Die toeskouers gil van histerie.

10 minute nadat die kind in die hok geval het, is Harambe doodgeskiet.

SKERMGREEP: CNN

SKERMGREEP: CNN

Volgens Thane Maynard, direkteur van die Cincinnati-dieretuin, was daar geen ander oplossing as om Harambe te skiet nie, berig CNN. As Harambe met ’n verdowingsmiddel geskiet was, sou dit hom glo aggressief maak en die kind se lewe in gevaar stel.

“Dit was ’n moeilike keuse en ons berou Harambe se dood. Maar die kind se veiligheid was die eerste prioriteit. Ons sou dit weer gedoen het. En ek is trots op die span,” het Maynard op ’n perskonferensie gesê, berig CNN.

Meer as 297 000 mense het ’n petisie op Change.org geteken sodat die dieretuin en die ouers aanspreeklik gehou word vir Harambe se dood.

Kenners is verdeeld oor die dieretuin se besluit. Sommige kenners sê Harambe sou nie die kind doodgemaak het nie. En ander kenners meen Harambe was aggressief.

Kenner stem saam met dieretuin se besluit:

Intussen het Michelle, die seun se ma, gereageer en gesê dat sy nie ’n onverantwoordelike ouer was nie en dat ongelukke gebeur, berig Independent.

In 1986 het ’n seun, Levan Merritt, in ’n gorillahok geval. Hy was bewusteloos. Jambo, die gorillamannetjie, het na die kind beweeg, saggies aan hom gevat en waggestaan. Hy het gekeer dat ander gorillas by die seun kom en het wegbeweeg toe hulp gekom het.

Kyk die video hier:

Moes die gorilla geskiet word?

  • JA
  • NEE

Lees nou

Duurder brandstof: spaar só

Duurder brandstof: spaar só