As Jy Sing
Hieroor praat mense

Groot première vir nuwe Afrikaanse prent ‘As Jy Sing’ – boek jou kaartjie nou!

Die splinternuwe Afrikaanse fliek As Jy Sing, met Bobby van Jaarsveld en die nuwe ster Leah in die hoofrolle, begin 15 November 2013 in teaters draai, maar volgende Dinsdag (5 November) wag daar ’n gróót première om dié fliek bekend te stel …

Suid-Afrikaners kan ’n groot, spoggerige geleentheid met die bekendstelling van dié fliek verwag. Die hele span akteurs, onder wie Bobby en Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk, Robbie Wessels, Hanna Grobler, Katlego Maboe en Juanita du Plessis se dogter, Franja, gaan almal daar wees – en in styl op die rooi tapyt aankom.

FOTO: Leana Clunies-Ross

Juanita du Plessis se dogter, Franja, speel ook in As Jy Sing. FOTO: Leana Clunies-Ross

Fanie Cronjé, styl- en sosiale redakteur van SARIE, en die voormalige Mej. SA Melinda Bam gaan die bekendes verwelkom. Skerms gaan by die Ster-Kinekor-teater in Brooklyn Mall in Pretoria, waar dié geleentheid gehou word, opgerig word sodat almal die rooi tapyt kan sien.

Eksklusief: Nuwe fliek met Bobby, Karlien, Hanna en …?

Maar dit is darem nie nét die akteurspan wat op die hande gedra gaan word nie. Ook die gaste sal met hul aankoms sjampanje en aarbeie kan geniet. Onder die meer as 1 300 gaste wat dié spoggeleentheid sal bywoon, is bekendes soos die sangers Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Anna Davel, Johan C Venter en Riana Nel. SARIE is ’n media-vennoot van dié opwindende fliek en gaan ook dié aand saamkuier.

Dit gaan waarlik een van die grootste première-geleenthede nóg in die Afrikaanse teater-geskiedenis wees – en jy kan ook deel wees van dié ervaring op 5 November by die Brooklyn-inkopiesentrum. Daar is ’n beperkte aantal kaartjies teen R150 vir die publiek beskikbaar. Klik hier om jou kaartjie te bespreek!

Kyk hier na die lokprent van As Jy Sing. Die lokprent op YouTube is al die meeste gekyk van alle Suid-Afrikaanse flieks op dié kanaal.

Nóg oor As Jy Sing en dié fliek se sterre

Juanita: ‘Ek droom groot vir my kinders’

Franja du Plessis: ‘Ek moes uit my dop kruip’

Eksklusief: Nuwe fliek met Bobby, Karlien, Hanna en …?

Katlego van Flip a Coin wys sy ander kant in As Jy Sing

FOTO’S: Karlien, Hanna en Juanita se dogter in nuwe fliek

Corine du Toit, een van die skrywers van As Jy Sing, is swanger!

Só sien Hanna Grobler haarself

NUUT! Die lokprent vir die nuwe Afrikaanse film As Jy Sing

FOTO’S: Bobby & Karlien in nuwe fliek

Hou SARIE.com en SARIE dop vir meer eksklusiewe inligting oor dié rolprent.