FOTO Dewald van Breda

FOTO Dewald van Breda

Hieroor praat mense

Grootvoet se dag

Grootvoet, ou gryse. Moenie van ’n muggie ’n olifant maak nie. En jy het die geheue van ’n olifant. Hy is deel van ons stories, hy is deel van ons taal – die olifant. En vandag is dit Wêreld-olifantdag!

Wat sal Suid-Afrika sonder die Groot Vyf wees? En hoe kaal sal die Ooste se literatuur wees sonder die Asiatiese olifant?

Die hartseer nuus is dat olifante in diep moeilikheid is. Die wêreld se olifantbevolking het die afgelope dekade met 62% afgeneem. En op die lys van bedreigde spesies (ICUN) word die Afrika-olifant as kwesbaar geklassifiseer.

Stropery is een van die hoofredes. Die aanvraag na ivoor is hoog en die grootste mark hiervoor is China.

FOTO Dewald van Breda

FOTO Dewald van Breda

Het jy geweet?

- Die Afrika-olifant is die wêreld se grootste soogdier op land.

- Olifante kan tot 70 jaar oud word.

- ’n Volgroeide bul se tande kan tussen 50 en 60 kg weeg.

- Die kenmerkende en sensitiewe slurp kan selfs water wat onder die grond versteek is, uitwys.

- Olifante loop eintlik op hul tone.

- ’n Olifantkoei is vir  22 maande swanger!

Groot, sterk, beskermend en familievas. Kwaliteite wat ek bewonder en wens ek self het. Wat sal ons wêreld wees sonder ons olifante – die Dumbo’s, die sagte reuse?

’n Gebroke een, as jy my vra.

Maar danksy twee Kanadese filmmakers, Patricia Sims en Michael Clark, vier ons sedert 2011 elke jaar op 12 Augustus Wêreld-olifantdag. En vandag is daar meer as 65 organisasies wat dié beweging ondersteun.

FOTO Dewald van Breda

FOTO Dewald van Breda

Mag dié pragtige reuse lank lewe op aarde. En hulde aan al die besonderse mense wat hulle probeer help.

Bronne: World Elephant Day, African Geographic