Oscar in die Februarie 2013-uitgawe van SARIE FOTO Leana Clunies-Ross

Hieroor praat mense

Hanteer jou angs só

Oscar Pistorius se forensiese psigiater, Merryll Vorster, het vroeër dié week in die hof getuig dat die Paralimpiese atleet aan ’n soort angssteurnis ly.

Merryll het verduidelik dat die trauma wat Oscar ervaar het vandat hy net ’n baba was toe sy bene op 11 maande geamputeer is, sy pa se afwesigheid en sy ma se drankmisbruik en angstigheid (sy het glo met ’n vuurwapen onder haar kussing geslaap) als daartoe bygedra het dat hy vandag ’n angssteurnis het. Sy ma is oorlede terwyl Oscar nog net ’n tiener was.

Die Oscar-saak plaas fokus op dié vroue

Na aanleiding van haar getuienis het advokaat Gerrie Nel, die staatsaanklaer in die saak, nou gevra dat die naelloper se geestesgesondheid ondersoek word, maar Oscar se regspan onder leiding van advokaat Barry Roux het dié aansoek teengestaan.

’n Brief aan Oscar van sy broer

Regter Thokozile Matilda Masipa het nog nie te kenne gegee of sy dié aansoek sal toestaan nie.

Die kliniese sielkundige Louis Awerbuck het verlede jaar aan SARIE.com verduidelik dat  mense met angssteurnis vir minstens ses maande chronies aan drie van dié simptome ly:

  • Rusteloosheid; op-die-edge-gevoel
  • Moegheid of uitputting
  • Onvermoë om te konsentreer
  • Geïrriteerdheid
  • Spiersametrekkings
  • ’n Abnormale slaappatroon; slaap óf te veel óf te min

As jy aan angssteurnis ly, fokus jy waarskynlik die meeste van die tyd op alles wat verkeerd kan loop. Jy voel ook gewoonlik bang, selfs al weet jy nie waarvoor nie, gevolglik wissel jou buie en jy onttrek jouself sosiaal.

Louis verduidelik hoe angssteurnis werk

Met spanning, misdaad, spitsverkeer en familie-tragedies is dit baie maklik vir mense om angstig te raak. ’n Studie in Brittanje bevestig dit. Volgens dié studie, gedoen deur die Mental Health Foundation, voel 22% van die vroue in Brittanje permanent angstig. Daarteenoor ervaar slegs 15% van Britse mans dieselfde tipe angs.

Finansiële sorge en bekommernis oor die welstand van hul kinders en geliefdes, asook probleme by die werk, dra als by tot die hoë angsvlakke van vroue in dié land.

In ’n tweede studie, wat YouGov onder 2 330 respondente gedoen het, sien ons dat net een uit 20 mense nooit angstig voel nie. Dié studie beskryf angstigheid as ’n toestand waar jy heeltyd bekommerd, gespanne en ongemaklik voel.

Die meeste mense hanteer dié gevoel deur dit met vriende of familie te bespreek of te gaan stap. In YouGov se studie is bevind dat byna 24% van diegene wat angstig voel die emosie probeer weg eet. Dis egter baie ongesond om dié opsie te kies.

Louis sê as jy nie jou dokter wil besoek of medikasie wil gebruik nie, kan jy jou angs só onder beheer hou:

  • Gesonde leefstyl
  • Meditasie
  • Liggaamlike oefening

BRONNE: The New York Times, The Independent, Beeld & SARIE.com