Hieroor praat mense

Moet-kyk-dokumentêr: Wat maak ‘n mens gelukkig?

Dis nie aldag wat iemand sommer ‘n dokumentêroor die oorsprong van geluk maak nie. ‘n Mens sou verwag dat dit eerder oor die meer negatiewe dinge soos oorlog en misdaad sou gaan. En dis juis daarom dat Roko Belic, ‘n Oscar-genomineerde regisseur, besluit het om Happy: A documentary’  te maak.

HAPPY vat jou op ‘n reis vanaf die moerasse van Louisiana tot by die krotbuurte van Kolkata. Hy doen dit als in sy soeke na wat regtig mense gelukkig maak. Onderhoude word gehou met wetenskaplikes wat navorsing oor geluk doen. Daar word ook na die stories van gewone en ongewone mense van regoor die wêreld gekyk. HAPPY soek die geheime agter die mensdom se belangrikste emosie, namens jou geluk.

Dit het die HAPPY-span vier jaar geneem om al die materiaal vir die film te kry en te redigeer tot op ‘n punt waar hulle gevoel het dit is reg om met die res van die wêreld te deel. Nou word Roko op verskeie TV-kanale en tydskrifte gesien waar hy oor die idee van HAPPY en alles om dit gesels.

“Hoe balanseer ons die aantrekkingskrag van geld, bekendheid en sosiale status met ons behoefte aan verhoudings, gesondheid en tevredenheid?,” sê Roko. “Deur die sterk onderhoude en wêreldreise probeer HAPPY die wysheid deel wat in tradisionele kulture en wetenskappe, wat vir die eerste keer geluk ondersoek, gevind word.”

Volg HAPPY op Twitter en Facebook.


Happy – A Documentary Trailer from Wadi Rum Productions on Vimeo.