FOTO: Love Song Photography

Hieroor praat mense

HARTROEREND: Meisie (11) ‘trou’ sodat pa haar na kansel kan lei

Die 11-jarige Amerikaanse meisie Josie Metz wou nie die geleentheid mis dat haar pa, wat met kanker gediagnoseer is, by haar troue is nie. Daarom het sy onlangs “getrou” om dié mooi herinnering te hê, berig Huffington Post.

Dít is een van Josie se groot drome om aan die sy van haar pa op haar troudag by die kerk in te stap. Maar toe haar pa, Jim (62), met pankreas-kanker gediagnoseer is, het sy gesien hoe dié droom dalk nie gaan realiseer nie.

Die fotograaf Lindsey Villatoro van Love Song Photography, wat terminaal siek mense afneem in die laaste stadium van hul lewens, het vir Jim afgeneem en só van Josie se droom gehoor. Sy het toe dié ‘troue’ gereël – van die blomme en die koek tot ’n rok!

Hier is van die foto’s en die video van dié geleentheid.

Lindsey sê sy neem dié foto’s om die herinnering van die persoon te verewig. “Baie mense fokus op die dood en nie op wie die persoon was, die herinneringe wat hul agterlaat en die skoonheid van die persoon nie,” het Lindsay aan Huffington Post gesê.

Bron: Huffington Post