Larry Stogner
Hieroor praat mense

Hartroerende video: Nuusman groet ná diagnose met MNS

Dié Amerikaanse nuusleser het ’n emosionele laaste groet gegee ná hy erken het dat hy met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer is.

Larry Stogner, die nuusleser wat al jare lank op ABC nuus lees, moes onlangs sy getroue gehoor groet. Hy het dít aan die einde van sy laaste uitsending gedoen.

Sy stem, duidelik stadiger, is emosioneel terwyl hy verduidelik hy kan nie meer die werk doen waarvoor hy die liefste is nie: daagliks die nuus lees. Want hy is met MNS gediagnoseer.

Larry lees al sedert 1976 die nuus. Hy het verlede jaar die Ice Bucket Challenge gedoen, wat sy ondersteuning met dié siekte gewys het. Minwetend dat hy ook met dít gediagnoseer gaan word.

Kyk dié emosionele afskeid hier:

Bronne: Linda.nl en YouTube

Lees nou