Villa Rosa
Hieroor praat mense

Hartseer nuus vir ‘Villa Rosa’-aanhangers

kykNET het vanoggend bevestig dat hul gewilde sepie Villa Rosa tot ’n einde kom. 

Hulle het ’n persverklaring uitgereik om dié nuus te deel. Die sepie gaan nog tot 31 Maart 2016 op die kassie wees.

Karen Meiring, M-Net Direkteur: Afrikaanse Kanale, het in dié verklaring gesê: “Villa Rosa was kykNET se heel eerste eie sepie en het ’n belangrike rol in die groei van die kanaal se kykertal gespeel. Soos met die leeftydsiklus van soveel projekte, kom daar ’n tyd vir die behoefte vir vernuwing.  Hierdie besluit val saam met M-Net se fokus op groter investering in plaaslike inhoud en kykers kan uitsien na ’n splinternuwe sepie vanaf 1 April 2016.”

Gaan jy Villa Rosa mis?

  • JA
  • NEE

Lees nou