FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Help jou kind só met verlies

Dis enige ouer se nagmerrie: Jou kind word blootgestel aan die emosionele trauma van verlies. Of nog erger: Jou kind verloor iemand wat ’n baie belangrike rol in sy lewe speel – ’n ma of ’n pa.

Op 6 Februarie 2017 het die rugby-reus Joost van der Westhuizen op 45 jaar sy stryd teen motorneuronsiekte verloor. Terwyl oor die land heen getreur word, moet Joost se twee jong kinders, die 13-jarige Jordan en Kylie (10), sy dood probeer verwerk.

Dit kan ’n eensame proses wees vir ’n kind wat toegegooi word onder ’n magdom emosies. Dikwels het die kind nog nie die vermoë om hierdie gevoelens te verstaan en te verwerk nie.

Help ’n kind met verlies:

* Laat die kind verstaan hy mag deur die emosies werk … hy mag maar huil en kwaad wees as hy so voel, jy sal daar wees vir hom.

* Vertel die kind gereeld hy is deel van die gesin en dat almal saam deur die verlies sal kom.

* Vind aktiwiteite waarmee die kind sy emosies kan uitdruk. Of dit nou is om ’n prent te verf of ’n bal rond te gooi, gee die kind die nodige platform en hulpmiddels.

* Moenie bang wees om mooi herinneringe te deel van die persoon wat dood is nie. Dit help met die verwerking van die verlies.

FOTO: Unsplash / Annie Spratt

FOTO Unsplash / Annie Spratt

Wanneer moet ek hulp kry vir my kind?

’n Berader kan jou kind baie help. Wees veral op die uitkyk vir die volgende tekens wat daarop kan dui dat jou kind professionele hulp nodig het:

* Die kind vra al hoe meer vir hulp met aktiwiteite wat hy voorheen self kon doen.

* Hy huil aanhoudend.

* Hy ontwikkel onredelike vrese.

* Die kind verloor belangstelling in speel.

* Maak die bed nat.

* Kan nie op skoolwerk konsentreer nie.

ONTHOU: Almal is verskillend bedraad en elke kind kan die rouproses anders hanteer. Elke kind kort egter liefde en ondersteuning terwyl hy sy emosies verwerk.

Bronne: Psychology Today, KidsHealth, Parents

Lees nou

Jennifer Aniston groet vervreemde ma voor haar dood

Skrywer oor dood en verlies

Tieners en selfdood: Ken die simptome