Bobby as mnr. Conradie in die Afrikaanse musiekfilm 'As jy sing'

Hieroor praat mense

Help kies die grootste Afrikaanse liedjie van 2013

Wat was jou gunsteling-liedjie van 2013? Daardie liedjie wat jou laat glimlag en jou laat saamsing – in jóú taal.

Die radio-stasie GROOTfm het vir hul luisteraars gevra om hul gunsteling-liedjies vir 2013 te benoem. Dít is die finaliste:

Eendag as ons groot is – Dewald Wasserfall

Seerower – Kurt Darren

Dis hoe ons rol – Jay

Sewe Oseane – Andriëtte

Land van melk en heuning – Bok van Blerk

Hande – Karlien van Jaarsveld

Rede om te glo – Elvis Blue

Jy het my gevind – Liza Brönner

Totaal Finaal – Bobby van Jaarsveld

Swart Koffie – Corlea Botha

Wil jy vir jou gunsteling-liedjie stem? Een gelukkige luisteraar kan boonop ’n geskenkpak ter waarde van R3 000 wen.

Stem só:

SMS SMS die woord “liedjie” met die kunstenaar se naam en die liedjie na 49905. Elke SMS kos R1.50 en jy kan soveel keer stem soos wat jy wil. Stemlyne sluit Donderdagaand, 12 Desember, om middernag.

of

Facebook Gaan “like” GROOTfm 90.5 op Facebook en stem op ons blad

of

Twitter Gaan volg ons op Twitter @grootfm en gebruik die hutsmerk @GROOTSTELIEDJIE2013

Die wen-liedjie word Vrydag, 13 Desember tussen 16:00 – 19:00 op GROOTfm bekendgemaak.