herman inspirasiekos via
Hieroor praat mense

Nuwe SARIE-program: Herman kook en jy’s die eregas

Wil jy graag deel wees van ’n nuwe kookprogram saam met SARIE se kosredakteur, Herman Lensing? Hier is jou kans!

In die splinternuwe reeks Okkasie-inspirasie op VIA (DStv-kanaal 147) gaan Herman en SARIE jou droom-okkasie lewe gee in sy Kaapse kombuis, en die beste van alles: Jy is die eregas!

Hoe gemaak as jy deel wil wees van die feestelike kuier? Dis maklik:

Stuur vir ons so gou moontlik ’n e-pos van sowat 300 woorde waarin jy in kleur en geur die okkasie van jou drome beskryf na okkasie@afrokaans.co.za. Sluit asseblief ’n foto van jouself in.

Ons wil alles weet. Die kleur van die okkasie, die gaste aan tafel, jou droomspyskaart en alles wat jou inspireer. Of dit jou 21ste verjaardag is, jou verlowing of dalk ’n groot mylpaal. Miskien hou jy vir vriendin ’n ooievaarstee, of is dit jou silwerbruilof? Daar is geen okkasie onder die son waarvan Herman nie wil hoor nie.

Herman en SARIE wil jou graag help met jou groot okkasie. Hy gaan jou idees en persoonlikheid gebruik as inspirasie om dit onvergeetlik te maak.

Of jy nou van Pofadder of De Aar, Johannesburg of Bloemfontein is, dit maak nie saak nie, ons wil van jou hoor. Kies Herman jou brief, sal ons sorg dat jy saam met hom aan huis kan kuier in Kaapstad.

SPRING VINNIG! Ons neem die reeks tussen 13 Februarie en 19 Februarie 2017 op. Skryf onmiddellik jou brief en stuur jou foto – ons sit reg en die potte is al amper aan die kook. Dis die kans van ’n leeftyd! 

Wees die eregas aan sy tafel!