ys4f6881
Hieroor praat mense

Het jou selfvertroue ‘n knou weg?

Dis hoeveel ma’s sê hul selfvertroue het ’n knou gekry toe hulle kinders gekry het, wys ’n opname deur die Britse organisasie Parentalk. Hokaai net daar, sê Lorraine Thomas, skrywer van The Mummy Coach (Octopus Books). “Die perfekte ouer en die perfekte kind bestaan nie – moenie jouself onder sulke druk plaas nie.” Haar raad: Wees lief vir jou kind nes hy is, geniet dit om ’n onvolmaakte ma te wees (dis meer pret) en besef hoe baie jy daagliks bereik.