Het jy gehoor?

Het jy gehoor wie speel Freddie Mercury in sy bio-fliek?

Dié week begin twee nuwe flieks draai en daar is vele treffers wat jy steeds kan kyk as jy nog nie kans gekry het nie. Van Suid-Afrikaanse films tot aliens en die Mexikaanse woestyn. Almal prente wat sal maak dat jy jou asem ophou en dieper in jou stoel wegsink.

Kan jy raai wie gaan Freddie Mercury in die beplande bio-fliek Bohemian Rhapsody speel? Meer inligting oor dié produksie is onlangs bekend gemaak.

Bryan Singer, wat bekend is vir ValkyrieSuperman Returns en X-Men: First Class, sal die regisseur wees. En Anthony McCarten, wat die draaiboek vir Theory of Everything geskryf het, sal ook Mercury se bio-fliek skryf. Brian May en Roger Taylor, lede van Queen, sal die musiekvervaardigers wees.

Wie speel die rol van Freddie? Dis immers groot skoene om te vul. Niemand anderste as die 35-jarige Rami Malek nie. Hy het onlangs die Emmy gewen vir beste akteur in die televisiereeks Mr. Robot.

Arrival

Die taalkundige Louise Banks (Amy Adams) word om hulp genader nadat 12 reusagtige ruimtetuie op die aarde stilgehou het. Sy en haar span moet ’n manier vind om met dié wesens te kommunikeer voor daar oorlog uitbreek.

Desierto

Toe die vragmotor van ’n groep Mexikaanse migrante breek, is hulle oorgelaat aan hul eie oorlewingstegnieke. Hulle is op die grens tussen die VSA en Mexiko toe hulle besef dat daar ’n skerpskutter en sy hond op hul spoor is. Hierdie fliek sal beslis jou nekhare laat rys.

BRONNE: Variety

Nog flieks wat hierdie week wys

Lees nou

SARIE se 2016-sterre: Bennie Fourie is meer as net ’n grapjas!

Bekende akteur inspireer en doen nóg meer!

Jou stem tel vir 2017 se Rock & Roll Hall of Fame!