apps

FOTO Unsplash (Charlz Gutiérrez De Piñeres)

Hieroor praat mense

Hierdie apps kan jou help met jou werk!

As dit nie jou Facebook-kennisgewings is wat jou aandag aftrek nie, is dit WhatsApp-boodskappe; en dít alles terwyl jou e-posse net aanhou inkom. Hoewel jou slimfoon jou “produktiwiteitsvyand” kan wees, kan hy ook jou redder wees met dié slim apps wat kan help!

Hier is ’n paar apps wat jou selfoon sal blok van dinge wat jou aandag aftrek, ’n speletjie wat jy kan speel om jou e-posse minder te maak en selfs ’n app wat jou slimfoon met jou rekenaar verbind sodat jy alles altyd op een plek het.

Evernote

Gebruikers wat Evernote op hul slimfone het, glo nét in Evernote en in niks anders nie. Op Evernote kan jy notas maak op enige manier wat jy wil, want selfs al skryf jy met jou vinger op jou skerm, sal die program die woord herken as jy weer na die nota soek.

Evernote het ook ’n funksie wat besigheidskaartjies kan skandeer en dadelik skakel na LinkedIn (die sosialemedia-platform vir werkers en werknemers) om daardie mens op te spoor.

Jou lysies en notas kan ook van jou slimfoon af met jou rekenaar skakel sodat jy konstant op jou doenlysies kan werk en take kan verander.

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Evernote het ook Scannable. Hierdie iPhone-app maak dit moontlik om dokumente heen en weer tussen toestelle te skandeer en te stuur.

 

The Email Game

Uiteindelik! ’n Speletjie wat jou aanmoedig om jou in-boks skoon te hou. The Email Game is reeds in 2012 opgeneem op TIME se lys van die 50 beste webtuistes van die jaar. Hierdie speletjie werk met jou GMail- of Android-e-posrekening. Verder hoef jy net vir die webtuiste toe te laat om plek binne jou e-pos op te neem. Dan kan jy speel!

Hoe werk hierdie speletjie?

app

Focus Lock

Dit is baie moeilik om te werk sonder dat jou aandag afgetrek word deur iets. Wat nog gepraat van jou slimfoon wat vibreer as jy ’n boodskap kry. Ontmoet vir Focus Lock (as jy ’n Android-slimfoon het) of Study Lockdown (as jy ’n iPhone het).

Dié twee apps laat jou toe om te kies watter apps jy wil blok en vir hoe lank jy dit wil doen. Jy maak dus jou slimfoon toe. Behalwe vir oproepe en as jy nog jou e-posse aangeskakel hou, kan jy ’n tydhouer stel vir hoe lank jy gefokus wil werk.

app

Laai Study Lockdown in Apple se App Store af | Laai Focus Lock by Android se Google Play Store af

Pushbullet

Dit is ook een van daardie “doen-alles-in-een”-apps. Pushbullet sinchroniseer met jou rekenaar of ander toestelle sodat jy jou slimfoon-aankondigings op jou rekenaarskerm ook kry. Jy hoef dus nie tussen slimfoon en rekenaar te werk nie, maar kan SMS, foto’s stuur, ’n adres vir jouself van Google Maps af na jou slimfoon toe stuur (en andersom).

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Bronne: Business Insider

Lees nou

Winter-apps vir lui mense!

’n Selfoonkontrak en apps vir jou langafstandverhouding!

Apps wat lewens red!