FOTO Unsplash (Stephanie McCabe)

FOTO Unsplash (Stephanie McCabe)

Hieroor praat mense

Dié apps lewer vir jou enigiets af!

Jy is die gasheer van ’n partytjie wat nou skielik meer glase, nog vonkelwyn en skoonmaakmiddels nodig gaan hê. Maar die winkels is reeds toe of te ver … wat nou? Jy laai ’n app af of skakel jou rekenaar aan, dís wat!

Verlede week was ek in die dolle posisie van iemand wat uit Kaapstad moes reël dat vonkelwyn by ’n verjaarsdagpartytjie in Johannesburg afgelewer word … en dit om 20:30 die aand.

En raai wat, dis heeltemal moontlik! Dis wat ek ontdek het:

Bottles

Hierdie app beloof om binne een uur enigiets af te lewer wat jou partytjie nodig het. Jy kan jou inkopiemandjie volmaak met alkoholiese drankies, gaskoeldrank, lekkers, aartappelskyfies, braai-benodighede, ys, sigarette en selfs sigare!

Bottles is nou in Johannesburg en Kaapstad, maar het planne om een van die dae ook in Durban te wees. Hierdie app is tot 20:00 oop en werk byna soos Uber – die app soek jou adres of jy kan dit intik, jy keur jou inkopiemandjie goed en dan kan jy volg hoe die kar binne 60 minute na jou toe ry. Hierdie app maak nie gebruik van kontant nie, maar jy betaal via jou kredietkaart of debietkaart. Jy kan selfs die rekening tussen jou vriende verdeel!

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

Ek moet tog net noem dat Mr Alcohol Delivery tot my redding gekom het toe hulle 22:30 die aand in Johannesburg afgelewer het! Probeer hulle gerus as jy ooit ’n bottel vonkelwyn vir iemand se middernagtelike verjaardagvieringe nodig het.

 

Mr D Food

Mr Delivery het onlangs hul app bekend gestel en Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, is ’n groot aanhanger. Jy bestel kos van die restaurante in jou omgewing en kan met kontant of kredietkaart betaal. Jy kan jou bestelling dophou en die app gee jou ook ’n aanduiding van hoe laat jy jou kos kan verwag.

app

Laai dit in Apple se App Store af | Laai dit by Android se Google Play Store af

 

Inkopies

Jy kan alles op hierdie webtuistes bestel; van brood tot huishoudelike skoonmaakmiddels tot vleis en droë bestanddele.

eButler

Op eButler kan jy inkopies doen by Pick n Pay en Woolworths (Spar en Checkers kom nog). Een van eButler se “butlers” doen jou inkopies en ’n Uber lewer die bestelling af; alles binne 2 uur.

app

 

Swift Butler

Hierdie webtuiste lewer nog net in Johannesburg af, maar het planne om uit te brei. Vir inkopies meer as R550 is daar geen afleweringskoste nie.

app

 

Private Shopper

Hierdie webtuiste, wat jy ook deur jou slimfoon kan besoek, doen inkopies en lewer af in Sandton, Bryanston en Fourways in Johannesburg. Hulle koop van Woolworths, Pick n Pay, Checkers en Spar. Jy besluit op die tyd en dag wat jou aflewering moet plaasvind en teen ’n ekstra koste kan jy selfs jou mandjie as dringend merk vir vinniger aflewering.

app

Ná al die inkopies wat by jou huis afgelwer is en die mense wat jy onthaal het, is jy sekerlik bietjie moeg en nie lus vir skoonmaak of enigiets anders nie. Lees hier vir apps wat jou op daardie lui dae kan help!

Lees nou

Hierdie apps kan jou help met jou werk!

Het jy geweet jy kan dít op Facebook & Instagram doen?