FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Só lyk ’n perfekte koalisie

Koalisie is ’n woord wat ons die afgelope paar weke sommer baie hoor. Maar wat beteken dit, en hoe lyk ’n perfekte koalisie nou eintlik?

Koalisie, wat? ’n Politieke koalisie is ’n vennootskap (samewerking) tussen twee partye wat gaan poog om saam te regeer. Vyf van die groot stede in SA is ná die pas afgelope munisipale verkiesings nie onder die ANC se bewind nie. Maar omdat die opposisiepartye nie oral ’n volstrekte meerderheid behaal het nie, is daar sprake van koalisie tussen die DA en die EFF in Johannesburg, Pretoria, Mogale City (Krugersdorp) en Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth) sodat hulle in elk van die onderskeie metro’s sáám die meerderheid teenoor die ANC kan vorm.

As ons kon kies, sal dié goeie koalisies wees:

Pannekoek en kaneelsuiker

Wayde van Niekerk en die 400 m

FOTO Olympics

FOTO Olympics

Biltong en bier

Braaivleis en rugby

Meryl Streep en die Oscars

Vis en tjips

Serena Williams en Wimbledon

Fliek en springmielies

Kate Middleton en prins William

Hertog en Hertogin van Cambridge, Prins William en Kate Middleton. Foto: @the_british_monarchy instagram

Hertog en Hertogin van Cambridge, Prins William en Kate Middleton. Foto: @the_british_monarchy instagram

Reën en ’n lekker boek

Tee en koekies

George Clooney en ’n donkersjokolade

Wat sal jou perfekte koalisie wees?

Lees nou

Wayde in syfers

Ken jou spa-etiket