FOTO: Instagram hillaryclinton

FOTO: Instagram hillaryclinton

Hieroor praat mense

Hillary Clinton vs Donald Trump: Sê-goed

“Verwyder jou rekening”, “Skelm Hillary”, “Tipies Trump”, “Te dom om ’n president te wees”. Dis net van die sê-goed wat die afgelope paar maande deur Hillary Clinton van die Demokrate en Donald Trump van die Republikeine gesê is. 

Al volg jy nie die Amerikaanse presidentsverkiesing nie, sal jy weet dié twee is die voorlopers om hul land se volgende president te word, berig The Washington Post. En albei is honger vir dié titel!

Hulle skroom nie om mekaar in toesprake, tydens onderhoude en op sosiale media sleg te sê nie. Hier’s net van die goed wat hulle op Twitter kwytraak:

Ondersteuners

Hollywood en die Obamas ondersteun vir Hillary. Die konserwatiewe middelklas van Amerika ondersteun vir ‘The Donald’, berig Time.

Leuse

Selfs Hillary (68) se veldtog-leuse kap vir Donald (70): “Love Trumps Hate”. En Donald skroom nie om sy leuse te gooi as hy vir Hillary wil beledig nie: “Make America Great Again”.

Ouma en oupa 

Een ding wat hul gemeen het, is kleinkinders. The Donald het agt kleinkinders en Hillary se enigste kind, Chelsea, het een dogtertjie en is swanger met haar tweede kind.

Our first picture as a family of five! Thank you for all of the love and well wishes. A photo posted by Ivanka Trump (@ivankatrump) on

Dogters

Selfs hul dogters Chelsea Clinton en Ivanka Trump, wat eens vriende was, is weens hul ouers se bekgeveg nie meer vriendinne nie.

Lees nou

Kaapse akwarium se nuwe uitsig!

Ander Orlando-skietdood: Selena Gomez & Justin Bieber in trane!