alfred hitchcock
Hieroor praat mense

Hitchcock, die ‘meester van spanning’, verjaar!

Dis daardie storttoneel met skerp klanke, ’n gillende vrou en ’n vlymskerp mes wat ná 56 jaar steeds onthou word. Alfred Hitchcock, die “meester van spanning”, het geweet hoe om elke nekhaar te laat rys. En vandag sou dié Britse regisseur 117 jaar oud geword het.

Met twee sterre op die Hollywood Walk of Fame, twee Golden Globe-beeldjies en ses Oscar-benoemings is Hitchcock se invloed steeds groot in die filmbedryf. Bekende regisseurs soos David Lynch, Steven Spielberg en selfs Woody Allen (dink aan Match Point) noem Alfred Hitchcock as een van hul helde.

Embed from Getty Images

Hitchcock het altyd verwag dat sy akteurs en aktrises 150% vir elke toneel moet gee. Hy het hulle immers bloot as rekwisiete beskou. Maar hy het groot name soos vlieë aangetrek. Bekendes soos Grace Kelly, Madeleine CarrollTippi HedrenJanet LeighBarbara HarrisCary GrantClaude Rains, Marion Lorne is in sy flieks te sien en selfs Sean Connery, wat in 2003 afgetree het, is in Hitchcock se Marnie te sien!

In die meeste van sy flieks maak hy self ook ’n verskyning. Kyk uit vir hom as die man wat met die honde stap in The Birds, of hoe hy sukkel om ’n kontrabas op die trein te kry in Strangers on a Train.

7 films vir ’n Hitchcock-beginner:

1. Psycho (1960)

2. Vertigo (1958)

3. Rear Window (1954)

4. The Birds (1963)

5. Strangers on a Train (1951)

6. Notorious (1946)

7. Rebecca (1940)

Onthou: Ná jy Birds gekyk het, sal selfs ’n mossie vir jou gevaarlik lyk. En moenie gaan stort ná jy Psycho gekyk het nie.

Lees nou

Tom Cruise, Russel Crowe maak fliek in Namibië!

Só baie SA flieks!

Kyk! Sy Klink Soos Lente-lokprent