Mandela dag
Hieroor praat mense

Hoe gaan jy jou 67 minute spandeer? #67minutes #MandelaDay

Môre, 18 Julie, vier die wêreld weer Nelson Mandela-dag. Hier is ’n paar idees hoe jy betrokke kan raak. 

Is jy betrokke by ’n inisiatief of weet jy van ’n inisiatief wat hulp kort? Los kommentaar onder dié artikel of op Facebook en Twitter vir ander SARIE-lesers om betrokke te raak!

Vind iets om te doen met dié app

Die app 67 minutes wil mense wat môre iets doen en organisasies wat hulp nodig het, met mekaar verbind.

Laai dit hier af: iTunes App Store | Google Play | Windows Phone Store | BlackBerry App World 

Raak betrokke met dié webtuiste

Vind ’n inisiatief of organisasie in jou area wat hulp kort met forgood.co.za. Met forgood kan jy kies om of jou tyd of goedere te skenk.

Teken vandag nog aan! Klik HIER.

Werk met diere

Baie diereverenigings soos DARG in Houtbaai hou môre ’n fondsinsamelingsdag waar mense geld of goedere kan skenk.

Vind uit hoe jy kan help HIER.

Werk by ’n skool

Mej. Aarde Suid-Afrika gaan môre by Lulama Primêre Skool in Johannesburg hand bysit. Vra vir skole in jou omgewing of hulle hulp nodig het.

11701023_905338212859812_934380310890353981_n

Leef jou passie

Kies iets waarvan jy hou om ’n verskil te maak. As jy hou van motorfietsry, sluit dan aan by ’n organisasie soos Bikers for Mandela Day waarvan Zelda la Grange die sameroeper is.

Carolyn Steyn van Johannesburg het weer gekies om te brei om ’n verskil te maak – lees haar storie HIER.

SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, gaan koekies bak en môre by kinderhuise uitdeel.

Skoonheid met ’n verskil

Die skoonheidshuis Dermalogica se program FITE wil jong vroue in Suid-Afrika opvoed en bemagtig. Lees meer oor dié inisiatief HIER.

Sorbet wil hê elke kind in SA moet dié winter ’n warm serp om hul nek kan dra. Koop ’n uitgesoekte Sorbet-naelkleur en jy kan ook help! Lees meer HIER.

Screen Shot 2015-07-17 at 2.02.27 PM

Kort jóú organisasie hulp? Los kommentaar onder dié artikel of op Facebook en Twitter vir ander SARIE-lesers om betrokke te raak!