FOTO: IEC

FOTO: IEC

Hieroor praat mense

Maak só seker jy is geregisteer vir die munisipale verkiesing

Vanjaar is die munisipale verkiesing op 3 Augustus. En as jy nog nie geregistreer is nie, is dié naweek, 9 en 10 April, jou laaste kans.

Maar dit beteken nie noodwendig dat jy in ’n tou moet staan nie. Jy kan met ’n eenvoudige SMS vasstel of jy weer moet registreer en waar jy moet stem. 

Is ek nog geregistreer?

1) Stuur ’n SMS met jou ID-nommer na 32810. (SMS kos R1)

2) Gaan jou registrasie-inligting gratis aanlyn deur.

Jy sal heel moontlik nog geregistreer wees as jy in 2014 in die nasionale en provinsionale verkiesing gestem het.

Sommige grense van die stem-areas het verander, so jy gaan dalk by ’n nuwe stemlokaal moet stem. Jy kan dít hier bevestig – maps.elections.org.za.

Wanneer moet ek in die tou gaan staan om te registreer of her-registreer?

1) As jy 18 geword het en vir die eerste keer gaan stem.

2) As jy verhuis het of na ’n nuwe dorp/stad getrek het. Besoek OVK vir meer inligting.

Vanjaar se verkiesing word wyd beskryf as die een wat waarskynlik die moeilikste nóg gaan wees. Maak seker jy is geregistreer om te stem – en maak ’n verskil.

Bron: Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK)

Lees nou