SKERMGREEP: Youtube/W

SKERMGREEP: Youtube/W

Hieroor praat mense

Hoekom so self(ie) behep?

Dink jy aan ’n selfie, kom die naam Kim Kardashian sekerlik by jou op. Maar sy is nie die enigste een nie. Ook jy het sekerlik al een geneem. Sommige kenners sê dis blote pret, ander meen dis ’n vorm van narsisme. 

Vandag is Selfie-dag en soos dinge nou gaan, is dit nie die laaste een wat ons gaan vier nie.

Want enigiets – of jy nou eet, stem of net chill – word mos deesdae langarm met jou slimfoon-kamera verewig. Met jouself natuurlik prominent op die voorgrond. En dan word dit op Facebook, Instagram of ’n ander sosiale netwerk gelaai om aan die wêreld en sy maat te wys: Kyk, ek eet! Kyk, ek stem! Kyk, ek neem ’n selfie, daarom is ek!

Obsessed with the new Kimoji phone case! There’s not many left so get it now on my app or KimKardashianWest.com #KimojiMerch

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Dis voorwaar die era van die #selfie, speelding van ryk en arm, baas en klaas. Die verskynsel doem selfs in popliedjies op, beslis ’n teken dat dit nou stewig in die populêre kultuur ingeburger is. (Dink byvoorbeeld aan die liedjie “Selfies” van die Skotse sangeres Nina Nesbitt.) Almal weet teen dié tyd Ellen DeGeneres se selfie saam met Hollywood-sterre by 2014 se Oscars het die Twitter-boodskap geword wat die meeste hertwiet is: 2,8 miljoen keer binne 24 uur!

G’n wonder die nuustydskrif Time het dit einde 2012 as een van die tien top-gonswoorde van die jaar aangewys nie. Die woord is ook in 2013 in die aanlyn-weergawe van die gesaghebbende Oxford English Dictionary ingesluit.

Volgens die selfoon- en kameravervaardiger Samsung is tot 30% van die foto’s wat jongmense (tussen18 en 34) neem, selfies. En 91% van tieners doen dit gereeld, volgens ’n opname van die Amerikaanse Pew Research Centre.

Ek … Ek … Ek!

Onskuldige pret, net nog ’n manier om jouself uit te druk? Nee, sê ’n tweede groep. Die ontploffing van die selfie wys maar net weer ons lewe in ’n buitengewoon narsistiese era.

“Dis ’n ekstreme vorm van narsisme: ek … ek … ek op steroïede. Ek is byvoorbeeld op Instagram. As jy kyk hoeveel foto’s veral jonger mense van hulself plaas, sê dit nogal baie.”

- Dion Chang, tendenskenner en stigter van Flux Trends

Volgens Dion het sosiale media die manier verander hoe ons na die wêreld kyk, net soos fotografie voor dit. Dit leer ons om na alles te kyk deur die lens van wat ons op die internet kan plaas. (Dit word die Facebook-oog-effek genoem.)

Secret project coming to a September issue near you @joannahillman

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

Jou hele werklikheid kry dus ’n “mooi” raampie om en jy wys net die blink kant. Dít terwyl ’n onlangse studie wys Facebook kan jou ’n bietjie depressief maak, want jou “perfekte lewe” is eintlik nie so wonderlik nie, al lyk dit asof almal om jou s’n is. Selfies is net ’n verlengstuk daarvan. Nie net “raam” jy alles om jou nie, maar die fokus is 100% op jóú, sê Dion.

Hoe lyk die toekoms?

Die einde is nog lank nie in sig nie. Dit gaan net aanhou groei, sê Dion. Volgens hom beweeg ons na ’n hipervisuele samelewing en ons sien dit duidelik op sosiale platforms. Hy voorspel dus geweldige groei in sosiale netwerke soos Instagram en Snapchat. Selfies is die gewildste onder millennials (mense van 18 – 34 jaar), die generasie wat met die nuwe digitale tegnologie grootgeword het, volgens ’n opname wat die Pew Research Centre in Amerika gedoen het.

@kyliecosmetics Candy & Dolce lip A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Sowat 55% van hulle het al ’n selfie op ’n sosiale media-webwerf geplaas. In vergelyking met net 24% van generasie X (sowat 35–49 jaar), 9% van die baby boomers (sowat 50–68 jaar) en 4% van die silent generation (sowat 69–87 jaar). Sowat ses uit tien baby boomers en ’n derde van die silent generation weet wat ’n selfie is.

Bron: www.pewresearch.org

Lees nou

Stap vir stap na beste selfie

Jou selfie laat jou dalk 7 jaar ouer lyk…

Neem só die perfekte selfie