FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Hond red seun in Mexiko

Vir 44 uur het ’n hond by ’n 14-jarige seun gewaak tot ’n reddingspan dié twee opgespoor het. 

Juan Heriberto Trevino het Sondag ’n somerkamp in Mexiko se Sierra Madre-bergreeks bygewoon.

Terwyl hy na hout gesoek het, het Juan onwetend van die groep kinders geskei geraak. En voor hy dit kon agterkom, het hy gegly en in ’n kloof afgeval.

Juan het geen erge beserings opgedoen nie, maar sy disoriëntasie het veroorsaak dat hy nie weer die kamp kon vind nie. Gelukkig het die labrador, Max, gesien hoe Juan val en hom agternagesit.

FOTO Proteccion Civil Galeana NL

FOTO Proteccion Civil Galeana NL

FOTO Proteccion Civil Galeana NL

FOTO Proteccion Civil Galeana NL

Max en Juan het mekaar net ’n paar uur tevore by die kamp ontmoet. Deur die nag het Max op Juan se bene gelê om hom warm te hou. Die volgende dag het hulle verder geloop en Max het vars water gevind.

Ná 44 uur het die reddingspan hulle opgespoor, maar Max wou Juan nie los nie. Eers toe Juan veilig was, het die hond met ’n swaaiende stert weggeloop.

Volgens The Telegraph wou Juan vir Max aanneem, maar Max het reeds eienaars.

Lees nou

Net 353 withaaie oor in SA

Die oulikste hondekruisings