FOTO Unsplash

FOTO Unsplash

Hieroor praat mense

Honde kan verstaan wat jy sê!

Het jy al ooit gevoel of Wagter elke woord verstaan wat jy sê? Wel, dis nou wetenskaplik bewys hy verstaan veel meer as wat ons dink. En hóé jy iets sê, bepaal ook sommer of sy stert ekstra vinnig waai. Hy’s dan nie verniet ons beste vriend nie!

’n Span neurowetenskaplikes van die Eötvös Loránd-Universiteit in Boedapest, Hongarye, het hierdie studie met 13 honde aangepak: 6 skaaphonde, vyf golden retrievers, een Chinese haarlose hond en ’n Duitse herdershond. Die honde is geleer om vir 7 minute tjoepstil in die MRI-skandeerder te lê sonder dat hulle vasgebind is.

FOTO: Unsplash

FOTO Unsplash

Tydens die studie, wat in die akademiese joernaal Science gepubliseer is, is woorde deur oorfone aan die honde oorgedra. Die honde kon agterkom wanneer hulle geprys word. En nes by mense, verwerk sekere deel van hul brein die betekenis van die woord asook hoe die woord gesê word (stemtoon).

Volgens Smithsonian beteken dit nie dat jou hond die taal verstaan nie, maar wel die intensie en die aksie agter die woord.

Of jy dit nou glo of nie, dit bly fassinerend waartoe Wagter in staat is.

Vir die volledige storie, besoek  CNN.

Lees nou

Italiaanse aardbewing: Hond gered ná 9 dae

Die oulikste hondekruisings

SA se gewildste honde

Suid-Afrikaners is hondeliefhebbers