FOTO Facebook / Mark Woods

FOTO Facebook / Mark Woods

Hieroor praat mense

Honderde groet geliefde hond, Walnut

Op 18-jarige ouderdom het die windhond Walnut Saterdag vir oulaas saam met sy eienaar, Mark Woods, op ’n strand in Cornwall, Engeland, gaan stap.

Hy moes ongelukig, weens swak gesondheid, dieselfde dag deur ’n veearts aan die slaap gemaak word. Maar Woods wou seker maak dat Walnut vir die laaste keer op sy geliefde strand, Porth Beach, gaan stap. Hy het ’n veldtog op sosiale media begin met die hutsmerk #walkwithwhippet.

Toe Cornwall-inwoners van Walnut se laaste stap hoor, het talle mense besluit om saam met hom te stap en sommer ook hul honde te bring. En Walnut, wat toe te swak was om te stap, is deur sy baas gedra. Almal het hom gevryf, vir hom lekkernye en drukkies gegee.

Screen Shot 2016-11-14 at 10.10.59 AM

FOTO Twitter / @emmajones

Screen Shot 2016-11-14 at 10.11.45 AM

SKERMGREEP YouTube / @Straits Times

Dieselfde middag het Walnut in Woods se arms gesterf. Omring deur sy gesin en hul ander drie windhonde.

Vir die volledige storie lees The Telegraph.

Kyk die twee roerende video’s:

Lees nou

Buster die bokser-hond wen Kersfees! Kyk die video hier

Het jy gehoor wie speel Freddie Mercury in sy bio-fliek?