image001
Hieroor praat mense

The Huffington Post South Africa is hier!

The Huffington Post, in vennootskap met Media24, het vandag The Huffington Post South Africa (www.huffingtonpost.co.za) bekend gestel. Dit is The Huffington Post se eerste uitgawe suid van die Sahara. HuffPost South Africa sal ’n platform vir plaaslike stemme en gemeenskappe verskaf en terselfdertyd Suid-Afrikaners ’n verskeidenheid plaaslike en internasionale nuus, politiek, leefstyl en vermaak bied.

Die vennootskap kombineer die sterkste kenmerke van The Huffington Post, ’n toonaangewende globale bron van die jongste nuus, video’s, artikels, vermaak en opinies en gesprekke van ’n ingeligte en betrokke globale gemeenskap.

screencapture-huffingtonpost-co-za-1479711958263

Verashni Pillay is as die hoofredakteur van HuffPost South Africa aangestel.

“Die kombinasie van intelligente leefstyl- en harde nuus is volmaak vir waar baie Suid-Afrikaners hulself tans bevind: geïnteresseerd in alles en almal en, nou meer as ooit, wat dit vir hulle beteken.”

- Verashni Pillay

Die gewilde “Voices”-afdeling wat hoofsaaklik uit lesers en kenners se blogs bestaan, gaan ook in verskillende SA tale beskikbaar wees.

The Huffington Post se eerste internasionale uitgawe is in Mei 2011 bekend gestel. Binne net vyf jaar het die webtuiste in 16 markte oor ses vastelande ontplof en is meer as die helfte van die gehoor buite Amerika gebaseer. HuffPost het meer as 300 redakteurs in byna 20 lande buite Amerika en met die bekendstelling van HuffPost South Africa, die handelsmerk se 17de uitgawe, is die maatskappy se globale teenwoordigheid steeds aan die uitbrei.

Gaan na www.huffingtonpost.co.za of volg HuffPost SA op:
Facebook by https://www.facebook.com/HuffPostSouthAfrica/
Twitter by https://twitter.com/HuffPostSA
Instagram by @huffpostsa

Lees nou

Elma Smit se nuutste avontuur

7de Laner Carina se trouvideo

Corlea gesels oor dáái outfit en meer