Hieroor praat mense

Bradley Cooper en Lady Gaga maak ’n fliek saam!

Die akteur Bradley Cooper gaan sy eerste film as regisseur aanpak! En sy keuse? ’n Nuwe weergawe van die musikale treffer A Star Is Born. En raai wie sal die rol vertolk wat Judy Garland en Barbra Streisand voorheen so goed gedoen het? Lady Gaga!

A Star Is Born is al drie keer gemaak. Die eerste prent het in 1937 verskyn. Dit vertel die verhaal van Esther Blodgett, ’n plaasmeisie wat daarvan droom om ’n Hollywood-ster te word. In 1954 het Judy Garland die hoofrol vertolk en ’n Oscar-benoeming vir beste aktrise ontvang. En in 1976 het Barbra Streisand in dié karakter se skoene geklim.

Lady Gaga gaan nie net die hoofrol speel nie, maar ook nuwe liedjies vir dié weergawe van die fliek skryf.

Kyk hier die lokprent van 1976 se A Star Is Born met Kris Kristofferson en Barbra Steisand in die hoofrolle:

Dié nuwe flieks begin die naweek draai

Kubo and the Two Strings

Die animasieprent speel in antieke Japan af. ’n Jong seuntjie, Kubo (stemkuns deur Art Parkinson), leef ’n baie beskermde lewe saam met sy ma. Maar toe ’n ou Japanse gees hom kom pla, moet hy teen monsters veg en begin soek na ’n magiese wapenrusting wat lank gelede aan ’n samoerai-vegter behoort het.

Die stemme van Charlize Theron, Matthew McConaughey en Rooney Mara kan ook gehoor word!

Bad Moms

Amy Mitchell (Mila Kunis) is moeg en oorwerk. Op die oog af lyk haar lewe perfek, maar sy is op die punt van uitbranding. Sy en twee ander ma’s bevry hulself van hul verantwoordelikhede om weer eens pret te hê. Hoe klink hierdie vir jou? Na iets wat jy ook sal wil doen?

Pelé

Die fliek vertel die ware verhaal van Edson Arantes do Nascimento, oftewel Pelé, een van Brasilië se bekendste sokkerspelers. Dié 75-jarige het sedert hy 16 jaar oud was vir Brasilië se nasionale span gespeel.

Nerve

Vee Delmonico (Emma Roberts) swig voor die druk van haar vriende en begin speel die bekende aanlyn speletjie Nerve. Maar die speletjie hou nie op ná die eerste opdrag nie en dit raak al hoe gevaarliker. Sy en haar nuwe spanmaat (Dave Franco) bevind hulself in ’n moeilike eindstryd.

Maak seker jy loop ook nie die volgende flieks op die groot skerm mis nie

Lees nou

Ek het goeie dae. En ek het slegte dae, sê Kate Hudson

Só het Blake Lively haar bikini-lyf teruggekry!

Ons loer in by Desiré Gardner