my little pony

FOTO Instagram / @mylittlepony

Hieroor praat mense

Hulle is terug! Jou gunsteling-speelgoedponies …

Ons kan dit nie glo nie, maar The Mane Six was toe nooit weg nie. En boonop gaan hulle vanjaar weer hul verskyning op die silwerdoek maak!

Die My Little Pony-karaktertjies was toe heeltyd aktief op Instagram en te sien in ’n opvolg-reeks op NickTOONS, DStv-kanaal 308, maar nou gaan hulle ook in ’n nuwe fliek wees. In My Little Pony: Friendship is Magic moet Twilight Sparkle, Applejack, Rainbow Dash, Pinkie Pie, Fluttershy en Rarity staatmaak op die krag van vriendskap om hul dorp van gewisse onheil te red.

pony

FOTO Instagram / @zoesaldana

Jy kan uitsien om die stemme van sterre soos Sia Furler, Liev Schreiber, Taye Diggs, Emily Blunt en Zoe Saldana – om maar ’n paar te noem – te hoor.

pony

FOTO Instagram / @lievschreiber

En onthou jy nog die temalied? Ons wonder of dit in die nuwe fliek sal wees en wie dit dan sal sing!

Die fliek sal op 13 Oktober 2017 in Suid-Afrika begin draai.

my little pony

FOTO Verskaf

Lees nou

Rus 15 dae met net 4 dae se verlof … dis weer vakansie!

Só baie Afrikaanse flieks!

Golden Globes: Die wenner is …